1 Kings 7:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het hy die tien voetstukke gemaak: almal het een gietstuk, een maat en een maat gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Al tien waentjies was eenders en van dieselfde grootte, want elkeen is in dieselfde gietvorm gemaak.
Afrikaans 1933/1953 So het hy die tien afspoelwaentjies gemaak: een en dieselfde gietwerk, een maat, een vorm het hulle almal gehad.
Afrikaans 1983 So het hy die tien waentjies gemaak, gegiet in dieselfde vorm, almal eenders en ewe groot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het hy dan die tien staanders gemaak, eenders gegiet, met dieselfde mate en dieselfde vorm vir almal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoe Hiram die waentjies gemaak het. Die waentjies was ewe groot en hulle het dieselfde gelyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het Hiram toe die tien waentjies gemaak. Hy het hulle in dieselfde vorm gegiet sodat almal eenders en ewe groot was.