1 Kings 7:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy monding binne-in die kapiteel en daarbo was 'n el, maar sy mond was rond, na die werk van die voetstuk, anderhalf el; en ook op die mond daarvan was gravures met hulle rande, vierkantig, nie rond nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bokant van elke waentjie het ’n ronde raam waarin die wasbak gepas het. Dit het ’n halwe meter bokant die bopunt van die waentjie uitgesteek en was ’n driekwart meter in deursnee. Rondom was daar graveerwerk. Die sypanele van die waentjies was vierkantig en nie rond nie.
Afrikaans 1933/1953 En die opening daarvan was binnekant die kraag, en boontoe een el; en die opening daarvan was rond, in die vorm van 'n voetstuk, anderhalf el; en ook die opening daarvan was graveerwerk, maar die sluitplate daarvan was vierkantig, nie rond nie.
Afrikaans 1983 Die opening aan die binnekant van die bostuk was 'n halwe meter diep. Die opening was rond en was saam met die raamwerk daarvan 'n driekwart meter in deursnee. Daar was ook graveerwerk rondom die opening. Die sypanele van die waentjies was vierkantig, nie rond nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opening in die staander was binne-in die kroonlys, een el diep. Die opening was rond, gevorm as 'n voetstuk van een en 'n half el. Selfs aan die opening was daar graveerwerk. Die rame was egter vierkantig, nie rond nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke staander het ’n ronde opening gehad waarin die waskom kon inpas. Dit was amper ’n meter diep en breed. Rondom die opening was daar allerlei graveerwerk. Die waentjies se sypanele was vierkantig en nie rond nie.