1 Kings 7:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elke voetstuk het vier koperwiele en koperplate gehad, en die vier hoeke daarvan het onderdakstukke gehad; onder die waskom was onderdakke gegote, aan die kante van elke byvoeging.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was vier wiele aan asse van brons by die vier voetstukke van elke waentjie. Die waskom het op staanders gerus wat met kransies aan die kante gegiet is.
Afrikaans 1933/1953 En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en koperasse gehad, en sy vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kranse.
Afrikaans 1983 Elke waentjie het vier bronswiele gehad met brons-asse aan die vier voetstukke. Die waskom het gerus op staanders, gegiet met kransies aan die kante.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was vier bronswiele aan elke staander, met bronsasse. Die vier hoekstyle het steunpunte gehad. Die steunpunte was onder die waskom vasgegiet; teenoor elkeen was daar randversierings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke waentjie het vier bronswiele met bronsasse gehad. Op elke waentjie was daar ’n staander waarop ’n waskom kon rus. En al die staanders is met kransies versier.