1 Kings 7:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die werk van die basis was so: hulle het grense gehad, en die lyne was tussen die rande.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is gemaak met sypanele wat aan die rame vasgesit is.
Afrikaans 1933/1953 En dit was die maaksel van die bak: dit het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;
Afrikaans 1983 Die waentjies is soos volg gemaak: Hulle het sypanele gehad tussen die rame,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hoe die staanders gemaak is: Dit het rame gehad, met raamwerk tussen die dwarssporte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [28-36] Hiram het die waentjies só gemaak: Op die kante van die waentjies het hy leeus en beeste en gerubs uitgesny. Bo en onder die leeus en die beeste het hy kransies uitgesny. Hy het vir elke waentjie vier wiele van brons gemaak. Die vier wiele was onder die kante van die waentjies en die asse van die wiele was onder die waentjies. Elke wiel was een en 'n halwe el hoog. Die wiele het gelyk soos die wiele van 'n wa en hulle was heeltemal van brons. Die asse was ook van brons en dit was vas aan die vier voetstukke. Bo-op die waentjies was kassies, die was-skottels het daarin gepas. Daar was kransies langs die kante van die kassies. Die kassies was een el hoog, en die gat waarin die was-skottel moes kom, was een en 'n halwe el breed. Rondom die gat was daar graveerwerk en 'n band wat 'n halwe el hoog was. Die kante van die kassies was vierkantig, dit was nie rond nie. Daar was handvatsels aan elke hoek, en op die kante van die kassies en op die handvatsels het Hiram gerubs en leeus en palmbome uitgesny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir elke waentjie sypanele gemaak wat die raamwerk moes bedek.