1 Kings 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was 'n handbreedte dik, en sy rand was bewerk soos die rand van 'n beker, met blomme van lelies; dit het tweeduisend bat gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dikte van die wande van die waterbak was omtrent nege sentimeter en sy rand was soos ’n beker se rand, in die vorm van ’n leliekelk. Dit kon ongeveer 44 kiloliter hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dikte daarvan was 'n handbreed, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; dit het twee duisend bat gehou. |
| Afrikaans 1983 | Die wande van die waterbak was sowat nege sentimeter dik en sy rand was soos 'n beker se rand in die vorm van die kelk van 'n lelie. Dit kon vier en veertig kiloliter bevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dikte van die wand was 'n handbreedte, en die rand was soos dié van 'n beker, soos die kelk van 'n narsing. Dit kon tweeduisend bat hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kant van die waterbak was 'n handbreedte dik en die rand was soos die rand van 'n beker. Dit het soos 'n blom gelyk. Die waterbak kon 2 000 bat hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die waterbak se kante was ongeveer nege sentimeter dik. Sy rand was soos die rand van ’n beker en in die vorm van die kelk van ’n lelie. Dit kon 44 kiloliter hou. |