1 Kings 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit het op twaalf osse gestaan, drie wat na die noorde kyk, en drie wat na die weste kyk, en drie wat na die suide kyk, en drie wat na die ooste kyk; en die see was bo-op hulle gelê, en al hulle agterste dele was na binne.
Afrikaans (NLV) 2011 Die waterbak het op twaalf beeste gerus wat uit brons gegiet is. Drie het noord gekyk, drie wes, drie suid en drie oos. Die waterbak het op hulle gerus. Hulle agterkante was onder die bak na binne gerig.
Afrikaans 1933/1953 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die see bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe.
Afrikaans 1983 Die waterbak het gerus op twaalf gegote beeste, drie na die noorde gerig, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste. Die waterbak was bo-op hulle, en almal se agterkante was onder die bak in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het op twaalf beeste gestaan – drie wat noord kyk, drie wat wes kyk, drie wat suid kyk en drie wat oos kyk. Die See het bo-op hulle gerus, en al hulle agterlywe was na binne gekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die waterbak het gestaan op die beelde van twaalf beeste. Die beeste het na buite gekyk, drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die waterbak het op twaalf bronsbeeste se rûe gerus. Drie het na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste toe gekyk.