1 Kings 7:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En onder sy rand was daar knope rondom, tien in 'n el, wat die see rondom omsingel; die knoppe was in twee rye gegiet as dit gegiet was.
Afrikaans (NLV) 2011 Rondom die waterbak, net onder die rand van die waterbak, was daar twee rye kalbasse gegiet in een stuk saam met die waterbak. Daar was tien in elke halwe meter.
Afrikaans 1933/1953 En kolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.
Afrikaans 1983 Rondom onder die rand van die waterbak was twee rye kalbasse in reliëf, tien op elke halwe meter. Die kalbasse is saam met die waterbak in een stuk gegiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was •kolokwinte reg rondom aan die onderkant van die rand, tien kolokwinte per el rondom die See gerangskik. Die twee rye kolokwinte is in een stuk gegiet saam met die See.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Onderkant en rondom die rand van die waterbak was twee rye kalbasse, daar was tien kalbasse in elke el. Hiram het die kalbasse saam met die waterbak gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net onder die waterbak se rand was daar twee rye kalbasse wat reg rondom geloop het en wat saam met die waterbak uit een stuk gegiet is.