1 Kings 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die pilare in die voorportaal van die tempel opgerig, en die regterpilaar opgerig en dit Jakin genoem; en hy het die linkerpilaar opgerig en dit Boas genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hiram het die pilare by die voorportaal van die tempel opgestel. Die een was aan die suidekant en die ander aan die noordekant. Die een aan die suidekant het hy Jakin genoem en die een aan die noordekant Boas.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas.
Afrikaans 1983 Hiram het die pilare by die voorportaal van die tempel opgestel. Die een wat hy regs opgestel het, het hy Jakin genoem, en die een links Boas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die pilare opgerig by die portaal van die hoofvertrek. Hy het 'n pilaar aan die regterkant opgerig en dit Jagin genoem; hy het ook 'n pilaar aan die linkerkant opgerig en dit Boas genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiram het die pilare regop laat staan by die voorportaal van die tempel. Hy het die pilaar by die suidekant Jakin genoem en die pilaar by die noordekant het hy Boas genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiram het die twee groot bronspilare voor die ingang van die tempel opgerig. Die een aan die suidekant het hy Jakin en die een aan noordekant Boas genoem.