1 Kings 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kapiteine op die twee pilare het ook granaatjies bo gehad, teenoor die buik wat by die vlegwerk was; en die granate was twee honderd in rye rondom op die ander kapiteel.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die bokant van elke kapiteel, waar die blomkelke begin dikker word en net bokant die netwerk, was daar 200 granate in twee rye.
Afrikaans 1933/1953 naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan, verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was twee honderd, in rye rondom, ook oor die tweede kapiteel.
Afrikaans 1983 Aan die bokant van die kapitele op die pilare net waar die kelke dikker word, teen die kante van die roosters, was rondom twee honderd granate in rye.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dit is nou die kapitele op albei die pilare aan die bokant, net langs die ronding wat oorloop in die vlegwerk. Daar was tweehonderd granate in rye gerangskik, rondom elkeen van die kapitele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kapitele was bo-op die pilare. Rondom elke kapiteel, langs die net, waar die blom dikker word, was 200 granate in rye.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die bokant van die bronsvorms was daar 200 granate in twee rye gerangskik.