1 Kings 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook die huis van die woud van die Líbanon gebou; sy lengte was honderd el en sy breedte vyftig el en sy hoogte dertig el, op vier rye sederpilare, met sederbalke op die pilare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van die geboue wat hy opgerig het, is die Libanonsbosgebou genoem. Dit was 50 meter lank, 25 meter breed en vyftien meter hoog. Dit het vier rye sederhoutpilare gehad waarop daar sederbalke gerus het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het naamlik die huis van die L¡banon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook die Libanonsbosgebou opgetrek, vyftig meter lank, vyf en twintig meter breed en vyftien meter hoog, op vier rye sederhoutpilare en met sederhoutbalke op die pilare. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die saal, Bos van die Libanon, gebou, met vier rye pilare van sederhout, en balke van sederhout op die pilare; dit was honderd el lank, vyftig el breed en dertig el hoog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die houthuis was 100 el lank en 50 el breed en 30 el hoog. Daar was vier rye pilare van sederhout, en bo-op die pilare was daar sederhout pale. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het hy ook nog die Libanonsbosgebou opgerig. Dit was 50 meter lank, 25 meter breed en vyftien meter hoog. Die boonste deel van die gebou het op vier rye sederhoutpilare gerus. Bo-op die pilare was daar ook balke van sederhout. |