1 Kings 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het twee kapiteins van gegote koper gemaak om op die toppe van die pilare te sit: die hoogte van die een kapiteel was vyf el en die hoogte van die ander kapiteel vyf el.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook twee kapitele uit brons gegiet om bo-op die pilare te sit. Elkeen was twee en ’n half meter hoog.
Afrikaans 1933/1953 En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe van die pilare te sit, gietwerk van koper; vyf el was die hoogte van die een kapiteel, en vyf el was die hoogte van die ander kapiteel.
Afrikaans 1983 Hy het twee kapitele gemaak, in brons gegiet, om bo-op die pilare te sit. Elke kapiteel was twee en 'n half meter hoog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder het hy twee kapitele van gegote brons gemaak om op die koppe van die pilare te plaas. Die hoogte van die een kapiteel was vyf el, en die hoogte van die ander kapiteel was vyf el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het twee kapitele gemaak om bo-op die pilare te sit. Die kapitele was van brons en elke kapiteel was vyf el hoog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hy twee bronsvorms van twee en ’n half meter gegiet en dit bo-op die pilare gesit.