1 Kings 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy was die seun van 'n weduwee uit die stam van Naftali, en sy vader was 'n man van Tirus, 'n koperwerker; en hy was vervul met wysheid en insig en listigheid om alle werke in koper te doen. En hy het by koning Salomo gekom en al sy werk gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was ’n vakman in bronswerk. Hy het oor die vaardigheid, begrip en kennis beskik om enigiets te maak wat aan hom opgedra was. Sy ma was ’n weduwee uit die stam Naftali en sy pa was ’n vakman in bronswerk uit Tirus.
Afrikaans 1933/1953 Hy was die seun van 'n weduvrou uit die stam van N ftali, en sy vader was 'n man van Tirus, 'n kopersmid; en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.
Afrikaans 1983 Hiram was die seun van 'n weduwee uit die Naftalistam en sy pa was 'n Tiriër, 'n vakman in bronswerk. Hiram kon enige bronswerk met vaardigheid, insig en vernuf uitvoer. Hy het in diens van koning Salomo getree en alles gedoen wat dié hom opgedra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was die seun van 'n weduwee uit die stam van Naftali, maar sy vader was 'n man uit Tirus, 'n bewerker van brons. Hy het beskik oor die vaardigheid, insig en kennis om alle soorte bronswerk te doen. Hy het by koning Salomo aangekom en al die werk uitgevoer wat aan hom opgedra is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiram was die seun van 'n weduwee van die Naftali-stam. Sy pa was 'n man van die stad Tirus. Hiram was 'n ambagsman wat met brons kon werk. Hy was vaardig en hy het geweet hoe om al die werk met brons te doen. Hiram het na koning Salomo toe gekom en hy het al sy werk gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiram se pa het in Tirus gewoon, maar is vroeg dood. Hy was ook ’n bekende vakman in bronswerk. Sy ma was ’n vrou uit die stam van Naftali. Hiram was baie slim. Hy het die vaardigheid, kennis en insig gehad om enigiets uit brons te maak. Salomo het hom gehuur omdat Hiram enigiets kon doen wat hulle hom gevra het.