1 Kings 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die groot voorhof rondom was met drie rye gekapte klippe en 'n ry sederbalke, sowel vir die binneste voorhof van die huis van die HERE as vir die voorportaal van die huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mure van die groot voorhof is gebou van drie lae gekapte klip vir elke laag sederhoutbalke, net soos die mure van die groot voorhof van die Here se tempel en die voorportaal van die paleis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en 'n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die HERE en by die saal van die paleis. |
| Afrikaans 1983 | Die mure van die groot voorhof rondom is gebou van drie lae gekapte klip en een ry sederhoutbalke, net soos die binneste voorhof van die huis van die Here en die voorportaal van die paleis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rondom 'n groot voorhof was daar drie lae gekapte klip en 'n laag sederhoutbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die Here en die portaal van die •tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die muur rondom die groot oop stuk grond was van drie rye klippe opmekaar en dan een ry sederhout. Die mure van die binneste oop stuk grond by die tempelgebou en die voorportaal van die tempel was ook so. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mure rondom die groot voorhof het uit drie lae gekapte klip en een ry sederhoutbalke bestaan. Die mure van die binneste voorhof van die tempel, asook die paleis se voorportaal, is op dieselfde manier gebou. |