1 Kings 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die deur van die middelste kamer was aan die regterkant van die huis, en hulle het met kronkeltrappe in die middelste vertrek opgegaan en uit die middel na die derde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ingang na die onderste vlak was aan die suidekant van die tempel. Daar was wenteltrappe waarmee ’n mens na die tweede vlak kon opgaan, en van daar na die boonste een. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde. |
| Afrikaans 1983 | Die ingang na die middelste verdieping was aan die suidekant van die tempel. 'n Mens kon ook deur 'n luik opgaan na die middelste verdieping toe en daarvandaan na die derde toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die ingang na die middelste vlak van die struktuur was aan die regterkant van die tempel. Met trappe het 'n mens opgeklim na die middelste vlak, en van die middelste na die derde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die deur na die onderste verdieping was langs die kant van die tempel, by die suidekant, en daar was trappe na die middelste en boonste verdiepings. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ingang tot die onderste verdieping was aan die suidekant van die tempel. Van daar kon ’n mens met trappe na die tweede en derde verdieping klim. |