1 Kings 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die huis, toe dit gebou was, is gebou van klip wat gereed gemaak is voordat dit daarheen gebring is, sodat daar geen hamer of byl of enige ystergereedskap in die huis gehoor is terwyl dit gebou was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die klippe vir die bou van die tempel is reeds by die steengroef reg gekap. Gevolglik kon die hele gebou opgerig word sonder die geluid van hamers, beitels of enige ander ysterwerktuig.
Afrikaans 1933/1953 En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.
Afrikaans 1983 Vir die bou van die tempel is klaar gekapte klip uit die groewe gebruik. Daar was geen geraas van hamers, beitels of enige ander ystergereedskap by die tempel toe dit gebou is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die tempel self is by die oprigting met onbewerkte klip uit die steengroef gebou. Hamers en bylpikke, enige gereedskap van yster, is glad nie gehoor by die tempel tydens die oprigting nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die tempel gebou van klip wat hulle klaar gekap het. 'n Mens het nie hamers en beitels en ander yster-gereedskap gehoor raas toe hulle die tempel gebou het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die klippe waarmee die tempel gebou is, is reeds by die steengroef reggekap. Op die tempelterrein was daar dus geen geraas van hamers, byle of ander ystergereedskap nie.