1 Kings 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En teen die muur van die huis het hy kamers rondom gebou, teen die mure van die huis rondom, die tempel sowel as die binnehuis; en hy het kamers rondom gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan die buitekant van die mure rondom die voorste en die binneste heiligdom, het hy ’n platform gebou met drie vlakke: |
| Afrikaans 1933/1953 | En teen die muur van die huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Rondom teen die muur van die tempel het hy 'n platform gebou. Dit het om die mure van die voorste en die binneste heiligdom gestrek, en daarop het hy verdiepings gebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en rondom, teen die buitemuur van die tempel, het hy 'n struktuur opgerig – dit is reg rondom die mure van die tempel, aan die hoofvertrek en aan die heiligste deel. Hy het rondom sykamers daarin aangebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het nog 'n gebou teen die buitemuur van die tempel gebou. Dit was rondom die voorste en die binneste kamers en dit was drie verdiepings hoog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die buitenste muur van die tempel het hy ’n platform gebou wat om die gebou geloop het. Onder en bo-op hierdie platform het Salomo verdiepings gebou. |