1 Kings 6:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die elfde jaar, in die maand Bul, dit is die agtste maand, is die huis voltooi in al sy dele en volgens al die modes daarvan. So was hy sewe jaar besig om dit te bou.
Afrikaans (NLV) 2011 In die middel van die herfs, tydens sy elfde regeringsjaar, is die hele gebou tot in die fynste besonderhede en volgens die planne voltooi. Dit het dus sewe jaar geneem om die tempel te bou.
Afrikaans 1933/1953 en in die elfde jaar, in die maand Bul -- dit is die agtste maand -- was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.
Afrikaans 1983 en die tempel met al sy toebehore en sy hele inrigting is voltooi in die elfde jaar, in die maand Bul, die agste maand. Hulle het sewe jaar aan die tempel gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en in die elfde jaar, in die maand Bul, dit is die agtste maand, is die tempel voltooi, al die dele en volgens al die vereistes. Salomo het sewe jaar daaraan gebou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die tempel en alles daarby was klaar in die elfde jaar, in die maand Bul, die agste maand. Salomo het sewe jaar lank gebou, en toe was die tempel klaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Salomo se elfde regeringsjaar, in die agtste maand, die maand Bul, is die tempel klaar gebou. Die bouwerk het sewe jaar geduur.