1 Kings 6:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gérubs en palmbome en oop blomme daarop uitgesny en dit met goud oorgetrek wat op die gesnede werk aangebring is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie deure is verder versier met gerubs, palmbome en blomme wat daarop uitgekerf was. Alles is met goud oorgetrek.
Afrikaans 1933/1953 En hy het daarop g,rubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.
Afrikaans 1983 Salomo het ook gerubs, palms en blomknoppe op die deure uitgesny en dit met goud oorgetrek. Die goud is in die uitgesnyde dele vasgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gerubs, palmette en blomkelke daarop uitgekerf en dit oorgetrek met goud wat oor die kerfwerk gevorm is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gerubs, palmbome en blomme op die deure laat uitsny en hy het dit alles met goud toegemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het ook gerubs, palms en blomknoppe op die deure uitgesny en dit toe met goud oorgetrek. Die goud is in die uitgesnyde dele ingedruk.