1 Kings 6:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het hy ook vir die ingang van die tempelposte van olyfboom gemaak, 'n vierde deel van die muur.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy kosyne van olyfhout gemaak vir die ingang van die tempel. Hulle was vierkantig.
Afrikaans 1933/1953 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;
Afrikaans 1983 Dieselfde het hy gedoen by die ingang van die voorste heiligdom. Die kosyn was ook van olyfhout, maar daar het dit 'n vierhoek gevorm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net so het hy vir die ingang na die hoofvertrek deurstyle van wilde-olyfhout gemaak – dit was viervlakkig –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het dieselfde gedoen met die deur van die voorste kamer, maar die raam van die deur het vier hoeke gehad. Die raam was van olyfhout.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het ook twee dubbeldeure by die ingang van die voorste heiligdom geplaas. Die kosyn was ook van olyfhout en het ’n vierhoek gevorm.