1 Kings 6:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die twee deure was ook van olyfboom; en hy het daarop uitsnywerk van gérubs en palmbome en oop blomme uitgesny en dit met goud oorgetrek en goud op die gérubs en op die palmbome uitgesmeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op hierdie deure van olyfhout het hy gerubs en palmbome uitgekerf en met goud oorgetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die g,rubs en op die palmbome ingeslaan. |
| Afrikaans 1983 | Op die twee deure van olyfhout het hy gerubs, palms en blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek. Hy het die goud oor die gerubs en die palms aangebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die twee deure van wilde-olyfhout – daarop het hy houtsneewerk van gerubs, palmette en blomkelke aangebring – het hy met goud bedek. Hy het die goud oor die gerubs en palmette geplet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op die twee deure en hy het dit alles met goud toegemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op albei deure is figure van gerubs, palms en blomknoppe uitgesny en alles is met goud oorgetrek. |