1 Kings 6:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die mure van die huis rondom uitgesny met gesnede figure van gérubs en palmbome en oop blomme, van binne en van buite. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Rondom teen al die mure van die binneste heiligdom en die hoofvertrek het hy uitgesnyde gerubs, palmbome en blomme laat aanbring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny. |
| Afrikaans 1983 | Rondom teen al die mure van die tempel het Salomo gerubs, palms en blomknoppe in houtsneewerk aangebring, in die binneste en in die buitenste vertrekke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die mure van die tempel het hy reg rondom versierings van gerubs en palmette en blomkelke in houtsneewerk aangebring, aan die binne- en buitekant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op al die mure van die tempel, in die voorste kamer en in die binneste kamer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die tempel se binnemure het Salomo gerubs, palms en blomknoppe gehang wat in hout uitgekerf is. |