1 Kings 6:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die gérubs binne-in die binneste huis gestel, en hulle het die vlerke van die gérubs uitgespan, sodat die vlerk van die een aan die een muur geraak het, en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur; en hulle vlerke het aan mekaar geraak in die middel van die huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het hulle langs mekaar in die binneste heiligdom van die tempel gesit. Hulle uitgespreide vlerke het van muur tot muur gestrek: die vlerk van die een het teen die muur geraak, terwyl die vlerk van die ander teen die ander muur geraak het. In die middel van die vertrek het hulle vlerke aan mekaar geraak.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy die g,rubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die g,rubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander g,rub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.
Afrikaans 1983 Salomo het die gerubs in die binneste vertrek gesit. Hulle vlerke was uitgestrek; die een se een vlerk het aan die een muur geraak en die ander se een vlerk aan die ander muur. Presies in die middel van die vertrek het hulle ander vlerke aan mekaar geraak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die gerubs in die binnevertrek geplaas, met die vlerke van die gerubs oopgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur geraak het en die vlerk van die ander gerub aan die ander muur. Hulle vlerke het in die middel van die vertrek aan mekaar geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het die twee gerubs in die binneste kamer gesit. Hulle vlerke was oop, die punt van een gerub se vlerk het aan die een muur geraak, en die ander gerub se vlerk het aan die ander muur geraak. In die middel van die kamer het die gerubs se ander vlerke aan mekaar geraak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het die gerubs in die binneste heiligdom gesit. Die punt van die een se vlerk het aan die een muur geraak en die ander gerub se vlerkpunt het weer aan die ander muur geraak. Presies in die middel van die vertrek het die gerubs se ander vlerke aan mekaar geraak.