1 Kings 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het Salomo toe die huis van binne met suiwer goud oorgetrek; en hy het dit met goud oorgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy die res van die tempel aan die binnekant met suiwer goud bedek. Hy het ook goue kettings gespan voor die ingang na die binneste heiligdom, wat ook met goud bedek was.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.
Afrikaans 1983 Hy het ook die groot vertrek met geslae goud oorgetrek aan die binnekant, en hy het goue kettings gespan voor die binneste heiligdom, wat hy ook met goud oorgetrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het die binnekant van die tempel met bladgoud oorgetrek. Hy het goue kettings voor die heiligdom gespan en die heiligdom met goud oorgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die mure van die tempel se binnekant laat toemaak met dun goudplate en hy het goue kettings voor die binneste kamer laat hang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het ook die binneste heiligdom met suiwer goud bedek. Voor die ingang na dié deel is daar ’n ketting van suiwer goud gespan.