1 Kings 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die binnekant van die voorkant was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte; en hy het dit met suiwer goud oorgetrek; en so het die altaar bedek wat van sederhout was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die afmetings van die binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog. Die mure en plafon en ook die altaar met sederhout is met suiwer goud oorgetrek.
Afrikaans 1933/1953 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.
Afrikaans 1983 Die binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog. Salomo het dit oorgetrek met geslae goud, en die altaar voor die binneste heiligdom het hy met sederhout oorgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die voorkant was die heiligdom twintig el breed. Dit was twintig el lank en twintig el hoog. Hy het die binnekant met bladgoud oorgetrek. Hy het ook 'n sederhoutaltaar oorgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die binneste kamer was 20 el lank en 20 el breed en 20 el hoog, en Salomo het die mure laat toemaak met dun goudplate. Hy het die altaar voor die binneste kamer van sederhout laat maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie binneste heiligdom was tien meter lank, tien meter breed en tien meter hoog. Voor die binneste heiligdom was daar ’n altaar wat Salomo met suiwer goud oorgetrek en met sederhout versier het.