1 Kings 6:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seder van die huis binnekant was uitgesny met knoppe en oop blomme; alles was sederhout; daar was geen klip gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die klipmure van die tempel aan die binnekant was beslaan met sederplanke waarop daar kalbasse en blomme uitgesny was. Alles was met sederhout bedek sodat niks van die klip sigbaar was nie.
Afrikaans 1933/1953 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.
Afrikaans 1983 Dit was aan die binnekant uitgevoer met sederhout, waarop kalbasse en blomknoppe uitgesny is. Alles was sederhout, daar was nie klip sigbaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die sederhout aan die binnekant van die tempel was daar houtsneewerk van •kolokwinte en blomkelke. Alles was van sederhout; geen klip was te sien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het bitterappels en blomme laat uitsny op die mure van die tempel se binnekant. Alles was van sederhout, 'n mens kon nie die klip van die mure sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as ’n mens uit die voorste heiligdom gestap het, het jy in die binneste heiligdom gekom. Dit was die plek waar die verbondsark van die Here gestaan het.