1 Kings 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die mure van die huis van binne gebou met sederplanke, die vloer van die huis sowel as die mure van die dakbedekking; en hy het dit van binne met hout oorgetrek en die vloer van die huis met sipresplanke bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het al die mure en die plafon aan die binnekant met sederplanke bedek. Die vloer het hy van sipreshout gemaak.
Afrikaans 1933/1953 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.
Afrikaans 1983 het hy die mure van die tempel aan die binnekant met sederplanke bedek; van die vloer af tot teen die dakbalke het hy dit met hout oorgetrek. Die vloer self het hy van sipresplanke gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy teen die mure van die tempel aan die binnekant 'n raamwerk van sederhoutplanke aangebring, van die vloer van die tempel tot by die dakbalke van die plafon, en dit toe met hout bedek. Die vloer van die tempel het hy met sipreshout bedek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die mure binne-in die tempel met sederhout planke toegemaak. Die planke was van die vloer tot teen die dak, en hy het die vloer van sipreshout planke gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die binnemure van die tempel is van bo tot onder met panele van sederhout bedek. Die hele vloer was van sipresplanke.