1 Kings 6:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangaande hierdie huis wat jy besig is om te bou, as jy in my insettinge wandel en my verordeninge voltrek en al my gebooie onderhou om daarin te wandel; dan sal Ek my woord met jou uitvoer wat Ek met jou vader Dawid gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy bou nou hierdie tempel vir My, maar as jy al my bepalings en voorskrifte hou en my gebooie gehoorsaam, sal Ek vir jou doen wat Ek aan jou pa, Dawid, belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou -- as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul; |
| Afrikaans 1983 | “Jy bou nou die tempel. As jy volgens my voorskrifte leef en my bepalings uitvoer en jou aan al my gebooie hou en volgens hulle leef, sal Ek my beloftes wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het, nakom teenoor jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Aangaande hierdie tempel wat jy besig is om te bou – as jy my vaste voorskrifte volg, my bepalings uitvoer en al my gebooie nakom deur daarvolgens te leef, sal Ek my belofte oor jou gestand doen, die belofte wat Ek aan jou vader Dawid gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy bou nou die tempel. As jy lewe soos Ek in my wette sê en as jy doen wat Ek wil hê, dan sal Ek met jou doen wat Ek vir jou pa Dawid belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As jy My liefhet en elke dag my wil uitleef, sal Ek vir jou doen wat Ek jou pa, Dawid, beloof het. |