1 Kings 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy kamers teen die hele huis gebou, vyf el hoog, en hulle het op die huis gerus met sederhout. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vlakke op die platform buite om die gebou was elkeen twee en ’n half meter bo mekaar. Dit was met sederbalke in die tempelmuur vasgesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke. |
| Afrikaans 1983 | Die platform wat hy buite om die hele tempel gebou het, was twee en 'n half meter hoog, en hy het dit met sederbalke aan die tempelmuur vasgesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die struktuur opgerig langs die hele tempel; elke vlak was vyf el hoog, en dit was aan die tempel vas met sederhoutbalke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke verdieping van die gebou wat hy teen die tempel gebou het, was vyf el hoog, en die vloere en die dak was van sederhout pale wat op die muur teen die tempel gelê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die platform wat hy buite-om die tempel gebou het, was net oor die twee meter hoog. Hy het die platform met groot sederbalke aan die tempel se muur vasgemaak. |