1 Kings 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur in die vier honderd en tagtigste jaar nadat die kinders van Israel uit Egipteland uitgetrek het, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif, dit is die tweede maand, dat hy begin het om die huis van die HERE te bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ongeveer in die middel van die lente, vier jaar nadat hy koning geword het, het Salomo die tempel van die Here begin bou. Dit was 480 jaar nadat die Israeliete uit slawerny in Egipte verlos is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die vier honderd en tagtigste jaar ndie uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif -- dit is die tweede maand -- het hy die huis vir die HERE gebou. |
| Afrikaans 1983 | Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here. Dit was in die maand Sif, die tweede maand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog van die Israeliete uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif – dit is die tweede maand – het hy die •tempel vir die Here begin bou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het die tempel gebou in die 480ste jaar nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Dit was in die vierde jaar nadat Salomo koning geword het, in die maand Sif, dit is die tweede maand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het die tempel in die tweede maand, die maand Sif, begin bou. Dit was 480 jaar nadat Israel uit Egipte getrek het en vier jaar nadat Salomo koning geword het. |