1 Kings 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiram het Salomo gestuur om te sê: Ek het gelet op die dinge waarvoor jy my gestuur het, en ek sal alles doen wat jy begeer met betrekking tot sederhout en sipreshout. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die volgende antwoord aan Salomo gestuur: “Ek het u versoek ontvang en sal u voorsien van sowel sederhout as sipreshout soos u versoek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het;,k sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout. |
| Afrikaans 1983 | Hiram het toe vir Salomo geantwoord: “Ek het u bestelling ontvang. Ek sal al die seder- en sipreshout lewer wat u wil hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiram stuur toe vir Salomo die volgende boodskap: “Ek het gehoor wat u my laat weet het. Van my kant af sal ek alles doen wat u verlang in verband met die sederhout en sipreshout. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiram het vir Salomo laat weet: “Ek het jou boodskap gekry. Ek sal vir jou al die sederbome en sipresbome gee wat jy wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiram het nie gras onder sy voete laat groei nie en hy het Salomo geantwoord: “Dankie vir u boodskap. Ek is bereid om te help en sal u van seders en sipreshout voorsien. |