1 Kings 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geloofd sy vandag die HERE wat aan Dawid 'n wyse seun oor hierdie groot volk gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Hiram hierdie boodskap van Salomo kry, was hy baie in sy skik en het gesê: “Loof die Here wat vir Dawid ’n wyse seun gegee het om koning te wees van die groot volk Israel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk. |
| Afrikaans 1983 | Hiram was baie bly toe hy hierdie versoek van Salomo ontvang. Hy het uitgeroep: “Geloof sy die Here vandag, omdat Hy vir Dawid 'n wyse seun gegee het om koning te wees oor hierdie groot volk!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Hiram Salomo se woorde hoor, was hy baie ingenome en het gesê: “Die Here moet vandag geprys word, Hy wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiram was baie bly toe hy Salomo se boodskap kry. Hy het gesê: “Ek prys die Here vandag dat Hy vir Dawid so 'n wyse seun gegee het om koning te wees oor hierdie belangrike volk.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiram was baie bly oor Salomo se boodskap en het gesê: “Loof die Here vandag omdat hy Dawid so ’n slim seun gegee het. ’n Seun wat hom kon opvolg en die koning van ’n groot nasie kon word.” |