1 Kings 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee dan nou vir jou bevel dat hulle vir my sederbome uit die Líbanon kap; en my dienaars sal by u dienaars wees, en aan u sal ek loon vir u dienaars gee volgens alles wat u aanstel; want u weet dat daar niemand onder ons is wat kan bekwaam om hout te kap soos die Sidoniërs nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou versoek ek u dat u asseblief vir my seders op die Libanon sal laat afkap. Laat my arbeiders saam met u arbeiders werk. Ek sal vir u arbeiders betaal wat u vra. Soos u weet, kan niemand van ons mense bome kap soos die Sidoniërs kan nie!”
Afrikaans 1933/1953 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die L¡banon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.
Afrikaans 1983 My versoek is nou dat u vir my sederhout op die Libanon laat kap. My eie arbeiders sal saam met u arbeiders werk. Ek sal ook aan u die loon betaal wat u vir u arbeiders vasstel, want soos u weet, het ons nie mense wat die houtkappery ken soos die Sidoniërs nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gee dan nou opdrag, sodat daar vir my seders gekap word in die Libanon. My dienaars sal u dienaars bystaan. Die loon vir u dienaars sal ek aan u gee, wat ook al u vra. U weet immers self dat daar niemand onder ons is wat weet hoe om bome te kap soos die Sidoniërs nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou moet jy vir jou werkers sê hulle moet vir my sederbome afkap op die Libanon-berg. My werkers sal saam met jou werkers werk. Ek sal jou werkers betaal, jy moet sê hoeveel ek vir hulle moet gee. Jy weet self ons het nie mense wat so goed bome kan afkap soos die mense van Sidon nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil u vra om my te help. Stuur asseblief u manne na die Libanon om daar vir my seders te gaan kap. My manne sal dit hier verder saam met u manne bewerk. Soos u weet, kan my mense nie so goed bome kap soos u manne nie. Onthou, ek sal u mense betaal wat u ook al vra.”