1 Kings 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U weet dat my vader Dawid nie 'n huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou vir die oorloë wat rondom hom was nie, totdat die HERE dit onder sy voetsole gestel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U weet dat my pa, Dawid, nie ’n tempel tot eer van die Naam van die Here sy God kon bou nie omdat hy reg rondom oorloë moes voer totdat die Here hom die oorhand gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het. |
| Afrikaans 1983 | “Dit is aan u bekend dat Dawid, my pa, nie 'n tempel vir die Naam van die Here sy God kon bou nie, omdat hy so dikwels in oorlog betrokke was. Die Here het hom die oorwinning oor al sy vyande gegee |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ U weet self dat my vader Dawid nie in staat was om 'n •tempel vir die Naam van die Here sy God te bou nie, vanweë die oorlog wat sy vyande aan alle kante teen hom gevoer het, totdat die Here hulle aan hom onderwerp het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy weet self dat my pa Dawid oorlog moes maak teen al die volke rondom sy land totdat die Here hom laat wen het teen hulle. Daarom kon hy nie 'n tempel bou vir sy God die Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Soos u weet, het my pa altyd teen die omliggende volke oorlog gemaak. Omdat hy eers al hierdie volke moes oorwin, was dit nie vir hom moontlik om vir die Here sy God ’n tempel te bou nie. |