1 Kings 5:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram het dit gekap en die klipbrekers; en hulle het hout en klippe gereedgemaak om die huis te bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense uit Gebal het saam met Salomo en Hiram se werkers die hout en die klippe vir die bou van die tempel voorberei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou. |
| Afrikaans 1983 | Die bouers van Salomo en van Hiram en die mense van Gebal het dit verder reggekap en dan die hout en die klippe reg gesit vir die bou van die tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo se bouers, Hiram se bouers en die manne van Gebal het die klip reggekap, en die hout en klip voorberei vir die bou van die tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die mense van die stad Gebal het die klippe gekap en hulle het die hout en die klippe gereedgemaak om die tempel te bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo en Hiram se werksmense asook die mense van die stad Gebal het die stene en die hout pasklaar gemaak sodat die bouers net kon begin bou. |