1 Kings 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het bevel gegee en hulle het groot klippe gebring, duur klippe en gekapte klippe om die fondament van die huis te lê.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het beveel dat die klipkappers groot blokke van goeie gehalte klip moes uitkap sodat die fondament vir die tempel van gekapte klip kon wees.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.
Afrikaans 1983 Die koning het beveel dat hulle groot klip van goeie gehalte moes uitkap, sodat die fondamente van die tempel met gekapte klip gelê kon word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning se opdrag was dat hulle groot klippe, klippe van goeie gehalte, moes uitbreek, sodat hulle die fondament van die tempel met gekapte klip kon lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het groot klippe uitgehaal soos die koning gesê het. Dit was goeie klippe en hulle het dit gekap sodat hulle die fondamente van die tempel daarmee kon bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het die werkers beveel om mooi, groot stene vir die tempel se fondament te kap.