1 Kings 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Naas die owerstes van Salomo se opsigters wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat geheers het oor die volk wat die werk gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het verder 3 300 opsigters aangestel wat oor die arbeiders moes toesig hou.
Afrikaans 1933/1953 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.
Afrikaans 1983 behalwe nog die drie duisend drie honderd opsigters oor die werk, wat moes toesien dat die arbeiders die werk doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was afgesien van Salomo se hoofopsigters oor die werk – drieduisend driehonderd van hulle wat in beheer was van die mense wat die werk moes doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook 3 300 hoofde wat moes kyk dat die werkers hulle werk doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En hy het ook 3 300 voormanne aangestel om toesig oor die werk te hou.