1 Kings 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle na die Líbanon gestuur, tien duisend per maand volgens afdelings: 'n maand was hulle op die Líbanon en twee maande tuis; en Adoniram was oor die heffing.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het hulle in skofte na die Libanon toe gestuur. Groepe van 10 000 het om die beurt vir ’n maand daar gewerk en dan vir twee maande huis toe gekom. Adoniram was in beheer van die dwangarbeid.
Afrikaans 1933/1953 En hy het hulle gestuur na die L¡banon, tien duisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die L¡banon, twee maande tuis; en Adon¡ram was oor die dwangarbeid.
Afrikaans 1983 Hy het om die beurt elke maand tien duisend na die Libanon toe gestuur, sodat hulle elkeen een maand op die Libanon was en twee maande tuis. Adoniram het beheer gehad oor die dwangarbeid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle na die Libanon gestuur, tienduisend per maand in skofte. Vir 'n maand was hulle op die Libanon, en vir twee maande tuis. Adoniram was in bevel van die dwangarbeid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het elke maand 10 000 van hulle in groepe na die Libanon-berg gestuur. Hulle was 'n maand op die Libanon-berg en dan weer twee maande by die huis. Adoniram was die hoof van die werkers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het Adoniram oor hulle aangestel en dié het hulle in drie groepe van 10 000 ingedeel. Elke groep het een maand in die Libanon en twee by die huis deurgebring.