1 Kings 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur; want hy het gehoor dat hulle hom in die kamer van sy vader as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n liefhebber van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Hiram van Tirus was al die jare ’n getroue vriend van Dawid. Toe hy verneem dat Dawid se seun Salomo as koning van Israel gesalf is, het hy gesante gestuur om hom geluk te wens.
Afrikaans 1933/1953 En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid.
Afrikaans 1983 Koning Hiram van Tirus het ook gesante na Salomo toe gestuur toe hy hoor dat hulle hom tot koning gesalf het in die plek van sy pa, want Hiram was altyd baie geheg aan Dawid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiram, die koning van Tirus, het sy amptenare na Salomo gestuur, want hy het gehoor dat hulle hom as koning gesalf het in die plek van sy vader. Hiram was immers altyd 'n vriend van Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiram van Tirus was altyd 'n vriend van Dawid totdat Dawid gesterf het. Toe Hiram hoor dat hulle vir Salomo gesalf het om koning te wees ná sy pa, het hy party van sy amptenare na Salomo toe gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Hiram van Tirus was altyd ’n goeie en getroue vriend van Dawid. Toe hy hoor dat Salomo sy pa opgevolg het, het hy ’n groep ambassadeurs Jerusalem toe gestuur.