1 Kings 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Salomo het twaalf amptenare oor die hele Israel gehad, wat voedsel vir die koning en sy huisgesin voorsien het; elkeen het sy maand in die jaar voorsiening gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het ook twaalf streekbestuurders deur die hele Israel aangestel om lewensmiddele vir die koning en sy huishouding in te samel. Elkeen was verantwoordelik vir die voorraad van een maand in die jaar.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.
Afrikaans 1983 Salomo het twaalf streekbestuurders in die hele Israel aangestel met die oog op die onderhoud van die koning en sy hof. Elkeen was verantwoordelik vir een maand per jaar se onderhoud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het twaalf landvoogde oor die hele Israel gehad. Hulle het aan die koning en sy hofhouding kos voorsien. Elkeen moes kos voorsien vir een maand in die jaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het twaalf distrikshoofde in die land Israel gehad. Hulle moes sorg dat daar kos is vir die koning en vir die mense in sy paleis, elkeen moes elke jaar een maand lank kos bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het twaalf streeksbestuurders vir die hele Israel aangestel. Hulle moes sorg dat elke distrik sy beurt kry om die koning en sy huishouding ’n maand lank te onderhou.