1 Kings 4:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het van al die mense gekom om die wysheid van Salomo te hoor, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense het van oral af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. Al die konings van die wêreld wat van sy wysheid gehoor het, het gesante gestuur.
Afrikaans 1933/1953 En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.
Afrikaans 1983 Van oral af het daar mense gekom om na Salomo se wysheid te luister, afgesante van al die konings wat gehoor het dat hy so 'n wyse man is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense uit al die volke het gekom om die wysheid van Salomo te hoor; hulle het gekom van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van al die volke het kom luister na die wysheid van Salomo. Die konings van die aarde wat gehoor het van Salomo se wysheid, het die mense gestuur om na hom te gaan luister.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oor die hele wêreld het mense van Salomo se wysheid gehoor en hulle het kom luister. Konings oor die hele wêreld het vir hom geskenke gestuur.