1 Kings 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gespreek oor bome, van die sederboom wat op die Líbanon is tot by die hisop wat uit die muur uitspring; ook het hy gespreek van diere en voëls en kruipende diere en visse.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kon met gesag praat oor bome en plante, van die groot seders van die Libanon tot die kleinste hisop wat uit die mure groei. Hy kon ook praat oor diere, voëls, reptiele en visse.
Afrikaans 1933/1953 En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die L¡banon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.
Afrikaans 1983 Hy het verse gemaak oor bome en plante, van die seders op die Libanon tot die hisop wat uit die mure groei; hy het gedig oor diere, voëls, reptiele en visse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gedig oor bome – van die seder wat op die Libanon is tot die marjolein wat uit die mure groei. Hy het gedig oor diere, oor voëls, oor kruipende diere en oor visse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die spreuke en liedere het hy gepraat van bome en plante, van die sederbome op die Libanon-berg tot by die hisop-bossies wat uit die mure gegroei het. Hy het ook gepraat van diere en voëls en die klein diertjies wat op die aarde kruip, en oor die visse.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gedigte oor bome en plante gemaak en oor alles geskryf, van die seders van die Libanon tot die hisop wat op die mure groei. Oor diere, voëls, reptiele en visse het hy graag gepraat.