1 Kings 4:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook gars en strooi vir die perde en dromedarisse het hulle gebring na die plek waar die beamptes was, elkeen volgens sy opdrag.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook gars en hooi vir die ryperde en die trekperde op die bestemde plekke besorg.
Afrikaans 1933/1953 En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.
Afrikaans 1983 Hulle het ook die gars en die hooi vir die ryperde en die trekperde gebring op die plekke wat met elkeen gereël was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ook nie die gars en strooi vir die perde van die strydwaens en die pakperde nie. Hulle het dit gebring na die plek waarheen elkeen gewoond was om dit te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die distrikshoofde het ook vir die perde genoeg gars en strooi gebring na die plekke waar die perde was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Streeksbestuurders moes ook vir die ryperde en trekperde se gars en hooi sorg. Hulle moes dit daar gaan aflaai waar die mense dit nodig gehad het.