1 Kings 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie amptenare het vir koning Salomo en almal wat na koning Salomo se tafel gekom het, elkeen in sy maand kos voorsien; hulle het niks kortgekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die streekbestuurders het elkeen een maand per jaar gesorg dat daar genoeg kos vir koning Salomo en sy hofhouding was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie. |
| Afrikaans 1983 | Die streekbestuurders het elkeen een maand per jaar vir koning Salomo en almal wat van sy tafel af geëet het, van kos voorsien. Hulle het gesorg dat niks ontbreek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie landvoogde moes kos voorsien aan koning Salomo en aan almal wat by die tafel van koning Salomo aangesit het, elkeen in die maand aan hom toegewys. Hulle het niks laat kortkom nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die distrikshoofde het elkeen een maand lank kos gebring vir koning Salomo en vir almal wat by sy tafel geëet het. Daar was genoeg kos vir almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen van Salomo se twaalf streeksbestuurders het ’n beurt gekry om ’n maand lank kos aan die koning en al sy baie amptenare te voorsien. |