1 Kings 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | die seun van Geber, in Ramot in Gílead; aan hom het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, behoort wat in Gílead is; aan hom het ook die landstreek Argob behoort wat in Basan is, sestig groot stede met mure en kopergrendels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Geber in Ramot-Gilead, asook die tentdorpe van Jaïr seun van Manasse in Gilead, die Argobgebied van Basan, asook 60 ommuurde stede met poortgrendels van brons. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ben-Geber was in Ramot in G¡lead; hy het die dorpe van Ja‹r, die seun van Manasse, gehad wat in G¡lead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels. |
| Afrikaans 1983 | Ben-Geber in Ramot in Gilead; hierby was ingereken die tentdorpe van Jaïr seun van Manasse in Gilead, en ook die Argobgebied in Basan, sestig groot stede met mure rondom en poortgrendels van brons; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ben-Geber in Ramot in Gilead – hy was in beheer van Gawwoot-Jaïr, wat in Gilead is; Jaïr was 'n seun van Manasse; hy was ook in beheer van die landstreek van Argob, wat in Basan is, sestig groot ommuurde stede met bronssluitbalke; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ben-Geber was in die stad Ramot-Gilead. Hy was die hoof van die kampe van Jaïr seun van Manasse. Die kampe was in Gilead. Hy was ook die hoof van die Argob-distrik wat in Basan is. Daar was 60 groot stede met sterk mure. Die poorte het sluitbalke van brons gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Geber vir Ramot in Gilead en die dorpies in Gilead wat aan die Jaïr-familie, afstammelinge van Manasse, behoort het; asook die Argob-gebied in Basan, 60 groot stede met mure rondom en poortgrendels van brons. |