1 Kings 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En u kneg is in die midde van u volk wat U uitverkies het, 'n groot volk wat nie getel of getel kan word vanweë die menigte nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier is ek tussen die mense van die volk wat U uitverkies het, ’n volk so talryk dat hulle nie getel kan word nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie. |
| Afrikaans 1983 | en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, 'n groot volk, te veel om te tel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U dienskneg bevind hom onder u volk wat U gekies het, 'n groot volk wat vanweë sy grootte nie bereken of getel kan word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is hier saam met u volk, U het hulle gekies. Hulle is 'n groot volk, so groot dat 'n mens hulle nie kan tel en elkeen se naam kan noem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek moet oor ’n volk regeer wat U vir Uself gekies het, en daar is so baie van hulle dat ek hulle nie eens kan tel nie. |