1 Kings 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, HERE my God, het U u kneg koning gemaak in die plek van my vader Dawid, en ek is maar 'n klein kindjie; ek weet nie hoe om uit of in te gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 O Here my God, U het my koning gemaak in die plek van my pa, Dawid. Maar ek is soos ’n klein seuntjie wat nog nie weet hoe om op te tree nie.
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.
Afrikaans 1983 Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, Here my God, dit is U wat u dienskneg koning gemaak het in die plek van my vader Dawid. Maar ek is 'n jong seun, ek weet nie hoe om uit te gaan of in te kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My God die Here, U het my die koning laat word in my pa se plek, maar ek is baie jonk en ek weet nie hoe om 'n leier te wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U het my in die plek van my pa koning gemaak, maar ek weet nie altyd hoe om goed te regeer nie, want ek is nog jonk.