1 Kings 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Salomo: U het aan u kneg, my vader Dawid, groot barmhartigheid bewys soos hy voor u aangesig gewandel het in waarheid en in geregtigheid en in opregtheid van hart met u; en jy het vir hom hierdie groot goedertierenheid bewaar, dat jy hom 'n seun gegee het om op sy troon te sit, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het geantwoord: “U was baie goed vir my pa, Dawid, omdat hy eerlik, opreg en getrou aan U was. U was besonder goed deur boonop vir hom ’n seun te gee wat hom kon opvolg.
Afrikaans 1933/1953 En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, 'n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom 'n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 Toe sê Salomo: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys. Hy was in sy lewe getrou en gehoorsaam en opreg teenoor U. U het hierdie groot trou aan hom bewys en vir hom 'n seun gegee wat vandag op sy troon sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het gesê: “U self het aan u dienskneg, my vader Dawid, oorvloedige troue liefde bewys, omdat hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U. U het hierdie oorvloedige troue liefde teenoor hom volgehou en aan hom 'n seun gegee wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het toe gesê: “U het vir my en vir my pa Dawid gedoen wat U belowe het. My pa het aangehou om U te dien, en hy was 'n regverdige en eerlike mens wat vir U gedien het. U het gedoen wat U vir hom belowe het en U het vir hom 'n seun gegee wat vandag op sy troon sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het gesê: “Here, U was lief vir my pa en hy was ook lief vir U. My pa was getrou aan U; hy wou net die regte dinge doen en hy wou U met sy hele hart dien. En U was goed vir my pa deur hom ’n seun te gee wat hom kon opvolg en wat vandag oor Israel regeer.