1 Kings 3:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele Israel het gehoor van die oordeel wat die koning gerig het; en hulle was bang vir die koning, want hulle het gesien dat die wysheid van God in hom was om oordeel te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning se uitspraak het in die hele Israel bekend geword. Hulle het groot respek vir die koning gekry, want hulle het besef dat God besondere wysheid aan hom gegee het om regverdig te kan oordeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen. |
| Afrikaans 1983 | Die hele Israel het gehoor van die uitspraak wat die koning gelewer het, en hulle het hoë agting vir die koning gekry, want dit het vir hulle duidelik geword dat hy van God self wysheid ontvang het om regsake uit te wys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die hele Israel hoor van die beslissing wat die koning gelewer het, het hulle vir die koning ontsag gehad, want hulle het gesien dat die wysheid van God in hom was om die reg te handhaaf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die Israeliete het gehoor hoe die koning ge-oordeel het. Hulle het die koning gerespekteer, want hulle het gesien dat God self vir die koning wysheid gegee het om reg te kan oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mense hiervan hoor, was hulle diep beïndruk en het groot respek vir Salomo gehad. Hulle het gesê die Here het hom insig en wysheid gegee om regverdig in hofsake te oordeel. |