1 Kings 3:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die vrou wie se lewende kind was, met die koning gespreek, want haar ingewande het verlang na haar seun, en sy het gesê: O my heer, gee haar die lewende kind en maak dit nooit dood nie. Maar die ander een sê: Laat dit nie myne of joune wees nie, maar verdeel dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die ma van die lewende kind roep toe uit: “Nee, my heer! Gee dan liewer die lewende kind vir haar, maar moenie hom doodmaak nie!” Maar die ander vrou sê: “Dis goed so, dan sal hy nóg myne nóg joune wees. Sny hom deur!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun -- sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! -- terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur! |
| Afrikaans 1983 | Maar die ma van die kind wat lewe, begin toe by die koning smeek, want haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba, en sy sê: “Asseblief, U Majesteit, gee die seuntjie wat lewe vir haar, moet hom tog net nie doodmaak nie.” Maar die ander vrou sê: “As ek hom nie kry nie, kry jy hom ook nie. Sny hom deur!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die vrou wie se kind die lewende een was, praat toe met die koning omdat haar deernis vir haar seuntjie haar oorweldig het. Sy het vir die koning gesê: “Asseblief, my heer! Gee liewer die lewende kindjie vir haar – moet hom net nie doodmaak nie.” Maar die ander vrou het volgehou: “Hy sal nie myne nie, maar ook nie joune wees nie. Sny deur!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou wat die ma was van die kind wat lewe, het met die koning gepraat. Sy was jammer vir haar seun, en sy het gesê: “Asseblief, Meneer, gee die kind vir daardie vrou, moenie hom doodmaak nie.” Maar die ander vrou het gesê: “Hy sal nie my kind wees nie en ook nie jou kind nie. Kap hom in twee stukke.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die regte ma dit hoor, het haar hart inmekaargekrimp. Sy was so lief vir die kind dat sy onmiddellik vir die koning gesê het: “Asseblief, U Majesteit, asseblief. Moet tog net nie die kind doodmaak nie. Laat sy dan maar die kind kry, maar moet hom tog net nie doodmaak nie.” Die ander vrou het weer gesê: “Sny die kind in die middel deur sodat nie een van ons iets van hom sal hê nie.” |