1 Kings 3:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning: Die een sê: Dit is my seun wat lewe, en jou seun is dood; en die ander sê: Nee! maar jou seun is die dood, en my seun is die lewende.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die koning: “Albei van julle maak aanspraak op die lewende kind, en albei sê die dooie een is die ander een s’n.
Afrikaans 1933/1953 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.
Afrikaans 1983 Die koning redeneer toe by homself: die een sê: “Die seuntjie wat lewe, is myne, joune is dood,” en die ander sê: “Nee, jou seuntjie is dood; die een wat lewe, is myne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het gesê: “Hierdie een hou vol, ‘Dit is my seun, die lewende een, en jou seun is die dooie een.’ En daardie een hou vol, ‘Nee! Jou seun is die dooie een, en my seun die lewende.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning dink toe: Hierdie vrou sê die seun wat lewe, is haar kind, en die seun wat dood is, is die ander vrou se kind. Daardie vrou sê: “Nee, jóú seun is dood, dit is mý seun wat lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het goed geluister en toe vir homself gesê: “Die een sê: ‘Die kind wat leef, is myne,’ terwyl die ander een weer sê: ‘Dit is nie waar nie. Jou kind is dood. Dit is myne wat nog leef.’”